“En Dan?” opeenvolging speletjie

R79.00

Description

Opvoedkundige speelgoed: “En Dan?” opeenvolging speletjie.

“EN DAN?”

OUDERDOMME 4 TOT 9 JAAR

Hierdie aangename opeenvolgingspeletjie bestaan uit 6 stories wat elk uit 6 kaarte bestaan.

Rangskik hulle in ‘n logiese volgorde van links na regs en vertel die storie in jou eie woorde.

Vier van die stories bevat leidrade om jou te help om die reeks reg te orden.

“En Dan?” is ‘n opeenvolgingsaktiwiteit.

Opeenvolging is die vermoe om voorwerpe, gedagtes of gebeure in ‘n logiese volgorde te rangskik.

Opeenvolging is ‘n vaardigheid wat onontbeurlik is vir die aanleer van lees, skryf, wiskunde,  spel en die weergee van gebeure.

Deur die stories hardop vir iemand te vertel word taalvaardighede opgeknap.

Met hierdie kaarte is daar geen perke aan die verbeeldingryke stories wat met behulp van die prente op die kaarte opgetower kan word nie.

Die stories is slim uitgedink om lewenslesse aan te leer soos:

  • Spanwerk en hulpvaardigheid
  • Liefde en besorgdheid teenoor diere
  • Waardering vir wat jy het, om nie nydig te wees nie, en om nie te begeer nie
  • Demokrasie, reels, en om jou beurt in ‘n tou af te wag
  • Hoe verskeie talente saamwerk om harmonie te bewerkstellig, en hoe elke deel ‘n onontbeurlike deel van die geheel kan uitmaak
  • Bewustheid van situasies waar juis dit wat jy kan bied nodig mag wees om ‘n lewe te kan red.

VAARDIGHEDE WAT ONTWIKKEL WORD:

Sortering;  Morele waardes; Sosiale vaardigheid; Taal; Visuele en ouditiewe opeenvolging; Visuele voorgrond / agtergrond persepsie; Visuele diskriminasie.

INHOUD: 36 kaarte (6 stelle van 6 kaarte) Plus Instruksies.

DIE NAME VAN DIE STORIES IS:

  1. Aapstuipe
  2. Waterkaskenades
  3. O Toggie!
  4. Vrede in die land
  5. Kalwerliefde
  6. Ek Wens …